Lede
Hierdie lede-afdeling se doel is tweevoudig : Eerstens om inligting oor belangrike sake en aktiwiteite aan lede deur te gee, en tweedens om te sorg dat lede-inligting korrek weerspieël word. Om jou inligting na te gaan, gaan in by "lid besonderhede bevestiging" links onder op hierdie bladsy -log in deur jou lidnommer (sonder die H, S of J agtervoegsel) in te sleutel, saam met jou van en ID Nommer. Juniors of gesinslede moet op die hooflid se nommers ingaan. Indien jou besonderhede nie reg is nie of iets kort (ons soek veral selfoonnommers en e-pos adresse), of van jou kwalifikasies nie wys nie, beskryf asseblief die veranderings in die blokkie vir die doel onder aan die webbladsy en druk "send". Maak seker dat jou inligting korrek weergegee word - veral met betrekking tot adresse en selfoonnommers, kwalifikasies behaal en aktiwiteite bygewoon. Alle ledevergaderings, skietdae en kompetisies word van registers en presensielyste af opdateer. Indien jy met die inligting op jou persoonlike profiel hier weerspieël verskil, moet jy so gou moontlik met jou taksekretaris of sekretaresse kommunikeer om dit reg te stel. Jy is self verantwoordelik vir die verifiëring van jou data. Sorg dat behoorlike, verifieerbare brondokumente van jagte by jou tak uitkom sodat jou status as Toegewyde Jagter bewys kan word. Indien jy dit nie regkry om in te log nie, is jou ID Nommer op die databasis dalk foutief. Skakel dan asseblief jou taksekretaresse dat sy jou ID en lidnommer kan verifieer terwyl jy met haar praat.
Documents above are in .pdf format. Most computers will open this automatically, failing that, download the Adobe Acrobat Reader.
Wil jy graag lid word van BJV?
Vereistes om as Toegewyde Jagter te kwalifiseer
Hier word riglyne vir vuurwapenaansoeke gegee - indien jy voel dat jy te lank wag vir jou lisensie of probleme ondervind met die verkryging van jou lisensie of SAPD bevoegdheidsertifikaat, kan jy die navraagvorm onder aan hierdie bladsy aflaai (in excell formaat), dit invul en dit dan e-pos aan ons voorsitter, André van der Merwe, by
conic@webmail.co.za Hy sal dit deur die regte kanale verder voer
Log asseblief in en verifieer al die data op jou rekord. Kyk asseblief veral ook of jou adres, selfoonnommer, faks en e-pos adresse nog geldig is. Indien daar enige fout met enige van jou inligting voorkom, skakel asseblief jou taksekretaresse of vir Marius Huisman by 079-511 5358. Jy kan ook elektronies die veranderinge onder ons aandag bring in die blokkie wat vir hierdie doel onderaan jou besonderhede sal verskyn.
Om volledige rekord te hou van aktiwiteite, veral vir Toegewyde Jagterstatus, het die BJV 'n handige A5 Aktiwiteits register wat by Uitvoerend of u tak bestel kan word teen slegs R40,00.
Op hierdie bladsy sal ons jaggeleenthede deurgee vir ons lede. Ons wil graag al ons lede wat ook wildsplaas eienaars is, die geleentheid gee om gratis op hierdie bladsy te adverteer. Ons vra ook dat lede, wanneer hulle 'n goeie jagplek het waar die eienaar dalk nog jagnaweke beskikbaar het, ook daardie jagplekke se inligting vir ons stuur - gee asseblief 'n volledige pryslys en soveel besonderhede as moontlik, sodat lede sommer op die webwerf reeds 'n besluit kan maak en kan skakel. Stuur die inligting in MSWord of PDF formaat aan Abel Botha by mwabelb@mweb.co.za of na Hansie Botha by hansie@transletaba.co.za. Jy kan dit ook faks na Hansie by 086 6717 826
Een van die vele voordele wat u as lid by die BJV kry is die uitreiking van Amptelike Endossemente oor die gebruik van 'n vuurwapen wat 'n nuwe vuurwapenlisensieaansoek kan ondersteun.
Die BJV Winkel met 'n verskil - net vir jou