Die Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging (BJV) is in Augustus 1969 in Pietersburg gestig deur agt jagters wat gevoel het dat daar ‘n besliste behoefte bestaan vir jagters om op ‘n georganiseerde basis bymekaar te kom en sake van gemeenskaplike belang te bespreek. Van hierdie nederige begin het BJV gegroei sodat daar tans bykans 3450 lede is wat in 7 takke versprei is, naamlik Letaba, Magaliesberg, Potgietersrus, Pietersburg, Waterberg, Soutpansberg en Kremetart. BJV is geaffilieer by CHASA (die Konfederasie van Jagtersverenigings van Suid Afrika) wat uit 20 jagters- en verwante verenigings landwyd bestaan, en wat dus met reg as die mondstuk van die jagter in Suid Afrika beskou kan word. CHASA se bedrywigheid strek oor ‘n breë front wat onder andere insluit daadwerklike betrokkenheid by Natuurbewaring en insette by die formulering van die nuwe vuurwapenwet, waarin hulle tot ‘n groot mate daarin geslaag het om die jagtersvereniginglid se vuurwapenbesit te beskerm. Bosveld Jagters- en Wildbewaringsvereniging het in April 2007 geakkrediteer as Jagtersvereniging (Akkreditasie N0. 1300084) en voortaan sal elkeen wat aansoek doen en kwalifiseer deur BJV self as Toegewyde Jagter akkrediteer word, waar ons voorheen deur Chasa kwalifiseer het.
BJV Intertak voorseisoen skietdag. Iets om nie te mis nie. Kliek op die skakel hier langsaan om meer uit te vind. Bespreek vroegtydig jou plek.
PERSVERKLADERING: REGSFONDS